Print this page

Midde-Ooste: Opdatering

Sirië se regering het bedank en die opsigter premier Naji al-Otari aangestel. Die regering het min mag in Sirië, waar beheer in die hand van president Assad, sy familie en die veiligheidsapparaat is. Otari is sedert 2003 eerste minister. Sien: Saoedi-Arabiese vroue eis gelykheid in 'n land waar vroue nie kan bestuur of stem nie en manlike goedkeuring nodig het om te werk en te reis. Hulle probeer verandering afdwing met aanlyn-organisering wat gehelp het om Egipte se Hosni Mubarak omver te werp. Sien: l Bahrein hou bloggers en ondersteuners van Sjiïtiese-geleide pro-hervormingsbetogings aan. Honderde opposisie-aktiviste en -leiers is aangehou sedert krygswette twee weke gelede ingestel is. Sien: Egipte se Zahi Hawass, die minister van staat onder afgesette president Mubarak, is herkies tot 'n regeringspos. Sy aanstelling sal pro-demokrasie-aktiviste kwaad maak wat vra dat alle ou regime-elemente uitgeskakel moet word.

Bid: vir 'n magtige erkenning van God se voornemens en planne deur almal aan wie Hy sy gesag gee en vir moed vir hulle om te doen wat Hy ook al vir hulle sê. (Joh.2:3)

Meer: http://www.google.com/hostednews/afp/article/ALeqM5i2JVifEYiqojJkfmiwSLj22tg7uQ?docId=CNG.bfb8229dcf908f07a113483065bb30aa.281