Print this page

Midde-Ooste: Eenheid in sending

In Irak, Jordanië, Libanon, Sirië en regoor die Midde-Ooste het Christen-sendingwerkers baie uiteenlopende benaderings om die Groot Opdrag na te kom. Hierdie diversiteit in onlangse jare het kwessies rakende bediening onder Moslems geopper en Christenleiers in twee verskillende kampe gestoot. God begeer eenheid. Op die oomblik vergader meer as 50 leiers in die VSA en deel standpunte in die gees van Christus om te luister, vrae te vra, mekaar se harte en bekommernisse te hoor en te beweeg na groter wedersydse begrip en waardering vir mekaar. Ons kan hierdie byeenkoms in gebed dek en die Here vra om vir hulle sy pad vorentoe te wys; dat die konsultasie sterker Christus-ere interaksie en dieper begrip van God se werk in die lig van Sy woord sou bring; dat hierdie vergaderings groter begrip en eenheid onder werkers in die Moslemwêreld tot gevolg sal hê en dat die byeenkoms brûe sal bou en sal help om openbare diskoers in meer positiewe rigtings te beweeg

Bid: dat die planne van die duiwel verslaan sal word en dat die heerlikheid van Jesus helderder in die Moslemwêreld sal skyn. (Ps.2:9-11)

Meer: http://www.cryoutnow.org/