Midde-Ooste: Terrorisme en misdadigheid

Die politieke onrus wat die Arabiese wêreld getref het, het terrorisme en misdadigheid bevoordeel, het die hoof van die Raad van Arabiese Ministers van Binnelandse Sake, Mohamed Ben Ali Koumane, Woensdag gesê. "Die predikers van terrorisme het voordeel getrek uit die sekuriteitstekort in die streek," het Koumane gesê. "Die verspreiding van wapens en plofstof het terroriste in staat gestel om die gereedskap van dood en vernietiging in die hande te kry." Hy het gepraat aan die begin van 'n vergadering van Arabiese veiligheidsbeamptes oor die stryd teen terrorisme, gehou by die Tunis-hoofkwartier van die raad, wat in 1982 met die ooreenkoms van die Arabiese Liga op die been gebring is. "Sedert verlede jaar het die Arabiese streek politieke veranderinge aanskou wat tot akute veiligheidskrisisse gelei het, direk gekoppel aan 'n toename in misdaad." Koumane gesê. Die verslegtende veiligheidsituasie het vrugbare grond gebied vir georganiseerde misdaad, onwettige migrasie plus mense- en dwelmhandel.

Bid: teen die vlaag van geweld en wetteloosheid wat Arabiese lande teister en dat God Sy doel en voorsiening vir Tunisië, Libië en Egipte sal bewerkstellig. (Jes.59:19)

Meer: http://213.158.162.45/~egyptian/index.php?action=news&id=27786&title=Political%20changes%20%27benefit%