Print this page

Midde-Ooste: Palestynse kinders 'slagoffers van geweld'

Palestynse kinders word aangeval deur 'n handjievol ekstremistiese setlaars volgens 'n verslag oor die uitbreiding van nedersettings wat agt-en-dertig voorvalle ondersoek wat tot drie dooie kinders en beserings van twee-en-veertig ander gelei het. Voortgesette vestigingsuitbreiding het die veiligheid van die Palestynse kinders beïnvloed. In agt gevalle het soldate met die aanval saamgespan deur óf aan te sluit, ’n blinde oog te draai óf die slagoffers eerder as die oortreders te straf. Een-en-twintig van die aanvalle is uitgevoer in en om die suidelike stad Hebron en nog sewe naby Nablus in die noorde – gebiede waar setlaars ekstremistiese ideologieë volg. Die studie het bevind 'Israel se versuim om die wet af te dwing en die oortreders aanspreeklik te hou vir hul dade het 'n atmosfeer geskep waarin setlaars straffeloosheid geniet en Palestyne in vrees leef.' Nie een van die setlaars wat by die gewelddadige voorvalle betrokke was, is vervolg nie.

Bid: vir 'n einde aan alle geweld in hierdie gebied. (Ps.36:6)

Meer: http://www.asharq-e.com/news.asp?section=1&id=22884