Print this page

Midde-Ooste: Kerk van die Geboorte

Palestynse Christene het 'n aansoek by die UNESCO-erfeniskomitee ingedien waarin gevra word dat die Kerk van die Geboorte in Bethlehem Wêrelderfenisstatus kry. Minister van Toerisme en Oudhede van die Palestynse Owerheid, Khouloud Daibes, het gesê "Hierdie stap is deel van ons plan om die Israeliese besetting te beëindig en die instellings van die staat Palestina te bou." Die Kerk van die Heilige Graf in die Ou Stad van Jerusalem geniet UNESCO-wêrelderfenisstatus vir 30 jaar, maar die Kerk van die Geboorte bly van die lys af omdat Palestina nie 'n erkende staat is nie. Albei kerke word jaarliks deur miljoene pelgrims besoek en die Kerk van die Geboorte sal na verwagting in 2011 twee miljoen besoekers deur sy deure verwelkom.

Bid: dat die plek van aanbidding vir Jesus se geboorte nie vasgevang sal word in die stryd van mensegroepe nie. (Mt.1:23)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/palestinians.seek.world.heritage.status.for.nativity.church/27494.htm