Midde-Ooste: Christelike vervolging

Die massa-eksodus van miljoene Christene van een deel van die Islamitiese wêreld na 'n ander as gevolg van vervolging deur Moslems het epidemiese afmetings bereik, waarsku die Amerikaanse Kommissie vir Internasionale Godsdiensvryheid. Christene kan heeltemal uit Irak, Afghanistan en Egipte verdwyn. Die verslag het ook gesê: 'Hierdie saak van Moslem-vervolging van Christene is 'n humanitêre krisis.' Die Christian Post het vandeesweek berig: 'Met al die onrus wat in lande soos Egipte, Sirië en Libië gerapporteer word, is die eintlike onvertelde storie die rekordgetal Christene wat die Moslem-wêreld verlaat omdat hulle geteiken word vir ontvoering, plundering en onthoofding. Streke en dorpe wat eens met Christene bevolk was, word nou leeggemaak. Die krisis vir Christene strek verder as die Midde-Ooste, Nigerië is nou die land met die hoogste aantal geslagte Christene. Verlede jaar was meer as 900 Christus-volgelinge slagoffers van Boko Haram en ander Islamitiese militante. Sien item 1 hierbo en gaan na http://global.christianpost.com/news/islam-expert-warns-christians-may-completely-disappear-from-iraq-afghanistan-egypt-95556/

Bid: dat vervolging en onrus Moslems sal motiveer 'Om Christus te Ken' (Ps.42:7)

Meer: http://global.christianpost.com/news/christian-persecution-is-motivating-muslims-to-know-christ-5748/