Terwyl massiewe openbare betogings oor die Midde-Ooste, Noord-Afrika, Bahrein, Libië, Jemen en Iran vee – word baie met gewelddadige regeringsonderdrukkings teëgekom.
Bid dat God se voorsiening in plek sal wees soos verandering na die streke kom.
Bid vir God se wysheid in elke besluit wat in hierdie tyd geneem word.
Libië - By 'n kruispad
Saif Al-Islam Gadhafi (38), die seun van Moammar Gadhafi, het gewaarsku dat die land burgeroorlog en 'bloedstrome' in die gesig staar. Verskeie stede, insluitend Libië se tweede mees bevolkte Benghazi, het deur betogers geval ná die oorloë van sommige weermageenhede. Die Internasionale Federasie vir Menseregte het die Libiese dodetal op 300 tot 400 gestel.
Mediakykers sê: 'As daar nie oor hervormings ooreengekom word nie, sal ons rou oor duisende nie honderde', en 'Die ingesteldheid van 'n diktator is moeilik om te verander'.
Bid dat Ghadhafi reguit sal wees en omsigtig sal kies om 'n onmiddellike en genadige afstand te doen van alle aggressiewe optrede teen sy mense.
Die Britse energiereus BP berei voor om sommige personeel uit Libië, wat Afrika se grootste oliereserwes besit, te ontruim. Oliepryse het die hoogte ingeskiet sedert die onstuimigheid.
Bid dat finansiële belange in die streke se oliereserwes nie wêreldregerings se houdings en voorstelle in hierdie krisis sal beïnvloed nie.
’n Libiese koerant wat privaat bestuur word, het berig dat die land se minister van justisie bedank het en hom by die betogers geskaar het. Hy het gesê hy probeer 'goeie dinge in alle stede organiseer'. Hy het ook gesê sleutelstede naby Libië se grens met Egipte is nou in die hande van die betogers, wat volgens hom buitelandse media in staat sal stel om nou die land binne te gaan.
Bid dat God baie mense in Libië sal oprig om te werk aan 'n vreedsame oplossing.
Bahrein - 'n beroep op hervorming, demokrasie en respek vir menseregte
Swaar gewapende onlustepolisie het duisende betogers omsingel wat op die sentrale plein in die land se hoofstad slaap. Hulle het sonder waarskuwing traangas en harsingskuddinggranate in die skare pro-demokrasie-aktiviste afgevuur wat vroue en kinders ingesluit het. Die Associated Press berig vier mense is dood en honderde geslaan of versmoor deur traangas. Bahrein se belangrikste Sjiïtiese opposisiegroep het die bestorming van die sentrale plein deur die polisie 'regte terrorisme' genoem. Die plaaslike hospitale het bloedskenkers nodig om hulle in staat te stel om soveel wat bloed verloor het, die hoof te bied. Mense bloei ook in die strate.
Bid dat regerings en internasionale organisasies hulle veroordeling uitspreek, ongeag die verskuilde internasionale agendas van finansies.
Tunisië en Egipte
’n Rollende rebellie ontvou steeds oor Noord-Afrika en die Midde-Ooste, dikwels te midde van gewelddadige onderdrukking deur staatsveiligheidsmagte.
Bid - dat die stof van onenigheid vinnig gaan lê en dat elke verandering 'n regverdige verandering sal wees wat geregtigheid en genade vir die Koning van Heerlikheid in voorheen geslote of moeilike gebiede inlui.
Meer: http://www.maannews.net/eng/ViewDetails.aspx?ID=361893
Meer: http://english.aljazeera.net/news/africa/2011/02/2011221133557377576.html
Meer: http://english.aljazeera.net/programmes/empire/2011/02/20112211027266463.html
http://www.maannews.net/eng/ViewDetails.aspx?ID=361893
http://english.aljazeera.net/news/africa/2011/02/2011221133557377576.html
http://english.aljazeera.net/programmes/empire/2011/02/20112211027266463.html