Micah Challenge roep Christene op om te bid

Wêreld: Die Internasionale Christelike beweging Micah Challenge doen 'n beroep op miljoene Christene om te bid en op te tree teen uiterste armoede as deel van sy 10.10.10-veldtog. Vandag (Donderdag) is die aftelling van 100 dae tot 10.10.10, wanneer soveel as 100 miljoen Christene wêreldwyd hul politieke leiers sal herinner aan die beloftes wat hulle gemaak het om uiterste wêreldwye armoede teen 2015 te halveer. Micah Challenge en sy vele vennootorganisasies, insluitend Die Heilsleër, World Vision en Tearfund waarsku dat baie van die Millennium-ontwikkelingsdoelwitte wat in 2000 ooreengekom is, nie bereik sal word nie, tensy daar nou dringend opgetree word. Op 10 Oktober sal Christene saam 'n spesiaal geskrewe gebed op 10.10.10 doen en vra vir God se ingryping namens diegene wat steeds in armoede ly en hul eie mislukking bely om God se oproep om geregtigheid te ignoreer. Hulle sal ook 'n belofte maak om die armes te onthou en hul politieke leiers te herinner aan die noodsaaklikheid om hul verpligtinge teenoor die armes na te kom.

Bid: En wat vereis die Here van jou? Om regverdig op te tree en barmhartigheid lief te hê en nederig met jou God te wandel. (Mig.6:8)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/micah.challenge.calls.christians.to.pray.and.act.for.worlds.poor/26201.htm