Onthoofding, verkragting, moord, massakorrupsie en nasionale chaos is die vrug in Mexiko van Amerika se onwettige dwelmgebruik. 'n Mexikaanse offensief teen dwelmkartelle het gewoed sedert president Felipe Calderon die bewind in 2006 oorgeneem het, wat 'n onderdrukking van dwelmkartelle die kenmerk van sy termyn van ses jaar, wat later vanjaar verstryk, gemaak het. Maar in 'n wye persepsie dat die onderdrukking nie gewerk het nie, verloor sy party hoop vir herverkiesing. Mexiko het 'n hoë persentasie Christen-gelowiges in die bevolking en die afgelope jare is honderde gebedswake, wandelings en betogings gehou rakende die korrupsie, terreur en dwelmoorloë in die land. Soldate het Sondag die oortreder gearresteer van die onthoofding en ontmanteling van 49 mense wat verlede week op 'n snelweg gestort is. Graffiti wat op die toneel van die lyke gespuit is, het die merk getoon van die Zetas, wat veg om beheer oor die streek. Hulle ryk bestaan uit huurmoordenaars, smokkelaars, ontvoerders, afpersers en uit mense wat betrokke was by die destydse ruoliebedryf.
Bid: dat gebede teen korrupsie verhoor sal word en dat God se uitverkore president die land uit onsedelikheid en korrupsie sal lei.(Jes.1:23-26)