Mexiko is al dekades lank geteister deur stryd tussen dwelmkartelle om beheer oor die winsgewende dwelmhandel na die VSA. Die konflik het sedert 2007 70 000 dood gelaat, hele stede met vrees verlam en 'n kultuur van korrupsie tot gevolg gehad wat die boonste vlakke van die Mexikaanse staat bereik het. Die verkragting deur vermeende dwelmbendes verlede week van ses Spaanse vroue wat in Acapulco vakansie gehou het, het vrees verhoog en die regering se beheer oor misdaad bevraagteken. Dit het nie gehelp dat Mexiko se minister van toerisme, op dieselfde tyd as die verkragting van die Spaanse vakansiegangers, in Spanje was om toerisme te bevorder nie. Dit is Mexiko se oomblik, was haar tema.
Bid: 2013 sou Mexiko se oomblik wees vir die regering en polisie om die bose bose dwelmoorloggeweld te oorkom. (2Sa.23:3-4 & 6-7)