Mexikaanse polisie is op soek na 'n gewapende bende wat 'n Christelike jeugkamp buite Mexikostad aangeval het. Aanklaers het gesê die bende het die kampeerders aan 'n beproewing van etlike ure onderwerp. Sewe meisies is seksueel aangerand en ander jeugdiges is geslaan. Die aanvallers het kontant, kameras en selfone gevat en in twee gesteelde voertuie ontsnap. Die goewerneur van Mexiko-staat, Eruviel Avila, het belowe om alles moontlik te doen om die verantwoordelikes vas te trek. Sowat 90 lede van die Christelike jeuggroep het in tente in die Colibri-ekologiese park naby die dorpie Ixtapaluca gekamp. Die aanvallers het Donderdag omstreeks middernag by die kamp ingebars en skote in die lug afgevuur, het die slagoffers gesê. Die park is in 'n heuwelagtige streek met geen selfoondekking nie, so dit was 'n rukkie voordat die alarm gemaak is. Mexikaanse koerante het bevraagteken hoekom daar nie beter sekuriteit by die terrein was nie. STOP PERS: Die polisie in Mexiko het 17 mense in verband met die aanval gearresteer.
Bid: vir al die jongmense dat hul beproewing geen blywende uitwerking sal laat nie en dat die owerhede daarin sal slaag om die oortreders op te spoor.
Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-latin-america-18845208