Print this page

Mali: 'Teenstaatsgreep' afgeweer

Dit is net meer as 'n maand sedert 'n groep soldate Mali se demokraties verkose president omvergewerp het. Na 'n teenstaatsgreeppoging het Mali se regerende militêre leiers gister in 'n boodskap wat oor staatstelevisie uitgesaai is, gesê hulle is in beheer van die staatsuitsaaiergebou, die lughawe en die militêre basis in Kati naby die hoofstad Bamako. Die televisieboodskap het gesê: 'Elemente uit die buiteland, ondersteun deur 'n paar obskure magte in die land, het hierdie aanvalle uitgevoer. Sommige van hulle is gearresteer,' 'n Getuie van die gevegte het gesien hoe 'n groot konvooi militêre voertuie op pad was na die dorp Kati net buite Bamako, waar die junta sy hoofkwartier opgerig het. Die Amerikaanse ambassade in Bamako het deur middel van sy Twitter-rekening verslag gedoen oor skietery, maar het nie die betrokke groepe gespesifiseer nie. 'n Voormalige uitvoerende hoof van Microsoft for Africa, is saam met die voormalige speaker van die nasionale vergadering, as die tussentydse president, aangestel om die land te lei voor verkiesings later vanjaar.

Bid: vir die land om heeltemal na grondwetlike bewind terug te keer. (Ps.45:4)

Meer: http://www.aljazeera.com/news/africa/2012/05/2012514022453752.html