Mali: Ernstige menseregteskendings

Amnestie Internasionaal het dosyne gevalle gedokumenteer van aangehoudenes wat gemartel of mishandel is nadat hulle gearresteer is omdat hulle beweerde bande met gewapende groepe gehad het. Die organisasie het ook meer as 20 gevalle van buitegeregtelike teregstellings of gedwonge verdwynings gedokumenteer. Amnestie Internasionaal se afgevaardigdes het met meer as 80 van die 200 aangehoudenes gepraat wat in die hoofstad Bamako aangehou is, waarvan die meeste van terreurdade en ander misdrywe aangekla is. Baie het berig dat hulle gemartel of sleg behandel is. Sommige is mediese behandeling geweier. ’n Aantal van hulle het merke en letsels van brandwonde en snywonde gehad – insluitend op hul rug, bors en ore. Minstens vyf aangehoudenes is in April 2013 in die fasiliteit dood, die meeste van hulle blykbaar as gevolg van die haglike toestande van aanhouding en gebrek aan mediese sorg. Mali-owerhede het erken dat sommige menseregteskendings gepleeg is en het gesê 'n aantal sake word ondersoek, maar tot dusver is niemand voor die gereg gebring nie.

Bid: dat almal wat verantwoordelik is vir menseregtevergrype geregtigheid en vir 'n blywende stabilisering van Mali in die gesig sal staar. (Tit.3:1-2

Meer: http://www.amnesty.org/en/