Mali: Christene gedwing om uit die noorde te vlug

Regeringsmagte het in die noorde ineengestort ná die staatsgreep, wat separatistiese en Islamitiese rebelle toegelaat het om beheer oor die land se drie noordelike streke oor te neem. Ongeveer 215 000 mense is uit hul huise verdryf, baie van hulle het na Burkina Faso en Mauritanië oorgesteek. Baie Christene het veiligheid gesoek in Mali se hoofstad, Bamako, waar hulle deur 'n netwerk van kerke gevoed en beskut word. 'n Barnabus Fonds-kontak in Mali berig dat kerke in die dorpe Gao en Timboektoe in die oorname vernietig is, met die gemeentes wat hul huise verlaat en suidwaarts gevlug het. “Aaklige misdade is teen die bevolking gemaak – slagtings, verkragting van vroue, verpligting om die sluier te dra, Christene agtervolg,” berig die bron. Die lot van vlugtelinge word vererger deur die bestaande voedselkrisis in die Sahel wat die koste van basiese voedsel verdubbel het.

Bid: vir diegene wat huise, mielies, rys en medisyne aan honderde Christen-vlugtelinge verskaf om God se instaatstellende krag en voorsiening te ken. (Ps.111:5)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/christians.forced.to.flee.northern.mali/29746.htm