Die polisie in die Maldive het Shijo Kokkattu, 'n Indiese onderwyser, gedeporteer omdat hy 'n Bybel in sy huis gehad het - wat vrese bevestig dat onderdrukkende godsdienswette in die eilandnasie toegepas word. Hy is vir twee weke aangehou, daarvan aangekla dat hy Christenskap verkondig het, en toe huis toe gestuur na 'n polisieklopjag op sy huis. Daar was hoop dat godsdiensbeperkings wat onder die voormalige diktator ingestel is, nie afgedwing sou word onder president Mohamed Nasheed wat as 'n progressiewe Moslem beskou word nie. Maar nuwe regulasies is verlede maand in die Staatskoerant gepubliseer wat 'n hernude verbintenis aandui om wetlike verbod op die 'propagasie, vertoon en uitdrukking' van enige godsdiens behalwe Islam af te dwing. Oortreding van die Wet is strafbaar met gevangenisstraf van tot vyf jaar, verbanning of huisarres. Buitelanders wat gevind word om te proseliteer, moet gedeporteer word.
Bid: dat die Maldiviese owerhede sal toegee aan oproepe deur World Evangelical Alliance, Compass Direct en ander vir groter godsdiensvryheid. (Ps.74:18-19)