Print this page

Maldive: Convert het verdwyn

Berigte van broer Simon se bekering is weinig meer as hoorsê, maar onlangse nuus van Geopende Deure-medewerkers is ontstellend – Simon het verdwyn. Soos baie studente van die Maldive het Simon na Sri Lanka gereis om te studeer. Simon het nie in 'n land gewoon waar ander godsdienste as Islam beoefen is nie. Onder die streng reël van die Islamitiese Sharia-wetgewing eis die Maldive-regering dat al die landsburgers Moslems moet wees. Omskakeling is onwettig. Kerke en Bybels word verbied. Terwyl hy in Sri Lanka gestudeer het, het Simon die Goeie Nuus van die Evangelie gehoor, het tot bekering gekom en Jesus begin volg. Toe Simon se familie terug in die Maldive verneem van sy nuutgevonde geloof in Christus, het hulle hom weggeneem en sedertdien is nog nie van hom gehoor nie. Simon se verdwyning is nie ongewoon in die Maldive waar inheemse Christene in isolasie as geheime gelowiges moet leef nie.

Bid: dat Simon en die handjievol Maldiviese gelowiges in Christus getrou sal bly aan die Here in die aangesig van sulke onderdrukking en bedreiging. (Gen.28:15)

Meer: http://www.opendoorsusa.org/persecuted-christians/frontline-faith/articles/2010/October/in-the-trenches-Maldives