Print this page

Maleisië: 'Geloofsuiwering'-sentrums

'n Twee uur lange reis vanaf die hoofstad Kuala Lumpur het 'n geïsoleerde kamp aan die lig gebring waar sommige Christen-bekeerlinge sê dat hulle geneem is om na Islam terug gedwing te word. Die Maleisiese regering noem die fasiliteite 'toevlugsentrums' waarheen Moslems gewillig gaan om hul geloof te versterk. Maar een Christen, wat anoniem wil bly, het gesê: 'Hulle dwing Christene om Islamitiese gebede en die Koran op te sê, om al die dinge te doen wat jy veronderstel is om te doen as 'n Moslem. Hulle probeer ons dwing om te glo wat ons nie kan glo nie. Hierdie heropvoedingsentrums kom uit die mag van die duisternis.' Nog 'n voormalige Moslem het gesê hy het sy eiendom, werk en familie verloor nadat amptenare uitgevind het dat hy 'n Christen geword het. Hy kruip weg vir die regering. Tradisioneel is Maleiers Moslem. Vyf jaar gelede was daar minder as 200 Maleise Christene in die land. Vandag is daar na raming 1 000 of meer. Christelike Groei word geteiken.

Bid: dat die krag van Christelike evangelisasie sal groei en beskerm word in Maleisië. (SS.4:16)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2010/November/Malaysias-Christians-Stand-Firm-Despite-Muslim-Pressure/