Maleisië: Bedreiging om Bybels te verbrand - Sultan se verbod op woord 'Allah'

’n Dreigement vandeesweek om Bybels in die Maleisiese taal te verbrand, is die jongste in ’n reeks aanvalle op die Christelike geloof in Maleisië. 'n Nota wat op Dinsdag, 22 Januarie 2013 aan 'n Christelike priester in Butterworth gestuur is, het gesê 'n Bybelbrandende pesta of fees sal op Sondag 27 Januarie in die dorp se openbare park plaasvind. Butterworth is geleë op die vasteland oorkant die toeriste-eiland-oord Penang. Die nota, geskryf in Maleis, eindig met 'n sinistere waarskuwing in Engels: 'Kom ons leer hulle 'n les.' Die polisie is in kennis gestel van die dreigement. Of die bedreiging gerealiseer het, is onseker, maar dit het die gewenste uitwerking gehad om by te dra tot die wanhoop van Maleisiese Christene. Twee weke gelede het die sultan van die staat Selangor Christene verbied om die woord 'Allah' te gebruik, wat al meer as 400 jaar in Bybels in die Maleise taal en Christelike litanie gebruik word.

Bid: dat die dreigement teen die Woord van God gestop sal word. (Neh.4:9)

Meer:http://www.worldwatchmonitor.org/english/country/malaysia/2026538