Print this page

Maleisië: 5 Mei verkiesings geweld

Meer as 2 000 gevalle van brandstigting, bakleiery en ander verkiesingsverwante misdade is deur die polisie aangeteken sedert Maleisië se parlement vir stembusse ontbind is. Die geweld is baie meer as vorige verkiesings. Die verhoogde spanning word gedryf deur die vrees vir rasse-onluste en breër implementering van Islamitiese wetgewing. Numerologie, bygeloof en astrologie deurdring Suidoos-Asiatiese politiek. 5 Mei word as 'n 'oorlogsdag' aangewys, gebaseer op 'n geomansie-astronomiese berekening bekend as 'shi'. Die Christelike Federasie van Maleisië versoek ons gebede vir:- die magte van die duisternis om gebind te wees en geen vryheid te hê om die saak van boosheid, ongeregtigheid en ekstremismes van verskillende vorme tydens die verkiesing te bevorder nie. Bid dat Maleisië 'n nasie sal wees wat God volg en 'n seën vir die nasies van die aarde is. Vra God om enige poging om geweld en oproer aan te wakker voor, tydens en na die verkiesings te oorheers en te stop, en dat vrede en harmonie sal heers vir die welsyn van alle gemeenskappe en vir die nasie.

Bid: dat God se planne en oogmerke vir Maleisië gevestig sal word gedurende hierdie verkiesingseisoen. (Ps.94:17-19)

Meer: http://www.bloomberg.com/news/2013-04-28/malaysia-arson-intimidation-cases-mount-as-election-draws- near.html