Print this page

Libië: Christene hou lae profiel

Na verlede week se aankondiging dat 'Islamitiese Sharia-wet die basis sal wees vir die land se nuwe regering.' (Sien Gebedswaarskuwing 43-2011) Geopende Deure berig, 'Vir nou sal die klein minderheid van plaaslike Libiese Christene voortgaan om 'n lae profiel te hou.' Terwyl Gaddafi aan bewind was, was Christene bekommerd en het nie geweet wie hulle kon vertrou nie. As hulle met 'n vriend of familielid gedeel het dat hulle 'n Christen geword het, sou hulle dalk na die veiligheidsdiens gaan of selfs self optree. Benewens die paar plaaslike Christene, is daar baie buitelandse Christene uit Afrika-lande suid van die Sahara wat teikens vir wraakaanvalle geword het, omdat hulle vermoedelik huursoldate was. Dit is nie baie waarskynlik dat die situasie vir die Christene vinnig sal verander nie. Christene vra vir humanitêre hulp, Christelike lektuur en Bybels.

Bid: dat God ons broers en susters in Libië sal beskerm en versterk en baie Christelike NRO's sal vrylaat om die nasie te help herbou. (Jes.32:17-18)

Meer: http://www.opendoorsusa.org/pray/prayer-updates/2011/October/Libyan-Christians-Keeping-Low-Profile-after-