Die Obama-administrasie is daartoe verbind om betrekkinge met Sirië te verbeter ondanks sy skuiwe om die Iraanse-gesteunde Hezbollah-milisie in Libanon te help. Israel beskou Hezbollah as 'n groot bedreiging en beskuldig Sirië daarvan dat hulle die groep van Scuds voorsien. 'n Scud het 'n baie langer reikafstand en kan 'n baie groter plofkop dra as die vuurpyle wat Hezbollah in die verlede gebruik het, en kan enige plek in Israel bereik vanaf Hezbollah-basisse in die suide van Libanon. Libanon is onafhanklik en verskaf vryheid van godsdiens en vryheid om alle godsdienstige rites te beoefen mits die openbare orde nie versteur word nie. Hulle het geen staatsgodsdiens nie en erken amptelik 18 godsdienstige groepe van die Christendom, Islam en Judaïsme. Ongeveer een derde van die vier miljoen mense is Christene en twee derdes is Moslems. Hezbollah (wie se naam beteken party van god) is gebaseer in Libanon en dit is 'n staat-binne-staat wat steun onder baie Libanese Sjiïete kry deur maatskaplike ondersteuning te bied om skole, hospitale en landboudienste vir duisende te bedryf.
Bid: dat God hierdie situasie in hierdie tyd sal gebruik om meer in Sy familie in te trek en mag die bruid van Christus in die Midde-Ooste dieper in die teenwoordigheid van die Here Jesus geroep word. (SS:4:8)
Meer: http://www.google.com/hostednews/ap/article/ALeqM5hxDzV2v2jrhRDQkI0V9heGBJZcLgD9F83JUG2