Zahle is vol vlugtelinge uit Sirië wat daagliks aankom. Elke spaargebou, skuur en stuk grond word teen verlammende pryse deur gesinne gehuur. Selfs diegene wat Sirië met geld verlaat, kan amper niks bekostig in Libanon waar pryse die hoogte ingeskiet het omdat meer mense om dieselfde lande meeding nie. Baie noodsaaklikhede is buite bereik vir desperate vlugtelinge. 'n Klein kerkie met 50 lede begroet die vlugtelinge wat Zahle binnestroom. Hulle versprei watter kos, komberse en matrasse hulle vir die gesinne kan insamel. Hulle reël dat 'n dokter die siekes besoek; hulle bid saam met diegene wat gebed wil hê. Dan besoek hulle meer gesinne, kry meer klere, meer matrasse. Onlangs het 'n skare desperate, nuut aangekome vlugtelinge buite die kerk saamgedrom en geëis vir kos, matrasse en kookmateriaal. Die kerkspan was 'vyf minute van die polisie bel' Dit is nie maklik nie. Sien ook: http://danutm.wordpress.com/2013/05/06/world-watch-monitor-a-refugees-camp-just-for-syrian-christians-in-turkey-4/
Bid: dat die insette deur plaaslike kerke die vlugtelinge geestelik ryk sal maak, ten spyte daarvan dat hulle alles 'verloor' het. (Ps.22:26-28)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/life.among.syrias.christian.refugees/32284.htm