Owerhede in Laos het op 14 September met geweld beslag gelê op 'n kerkgebou in die Savannakhet-provinsie "omdat die kerk nie om 'n boupermit aansoek gedoen het nie". Die owerhede ignoreer oor die algemeen 'n gebrek aan boupermit as godsdiensgroepe geen probleme veroorsaak nie. Amptenare het soldate op wag geplaas, lessenaars en stoele ingeskuif en die 212 lede gemeente se gebou in 'n staatskool omskep. Christene word nie meer op die eiendom toegelaat nie. Die konfiskering van die Dongpaiwan-kerk het gekom nadat amptenare in 'n naburige dorpie tien Christene uitgesit het uit skuilings wat hulle op hul rysvelde gebou het. Hulle kon net terugkeer as hulle hul geloof prysgee. Gedwonge afstanddoening van geloof tesame met aanhoudings, toesig, teistering en konfiskering van eiendom het Laos op die 'waarnemingslys' van die Amerikaanse Kommissie vir Internasionale Godsdiensvryheid gehou en het duidelik etniese minderheid Protestante in Laos geïdentifiseer as die primêre teiken van sulke oortredings.
Bid: dat die Here Laotiaanse Christene sal versterk, hulle die pad vorentoe sal wys en wonderbaarlik in hul behoeftes sal voorsien. (Jes.33:2 )
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/laos/article_120877.html