Kyrgyzstan se opposisie het Donderdag gesê hulle het die mag oorgeneem en die parlement ontbind nadat 'n bloedige opstand president Kurmanbek Bakiyev gedwing het om uit die hoofstad te vlug. Roza Otunbayeva, leier van die tussentydse regering, het sy bedanking geëis. Sy het gesê Bakiyev het probeer om ondersteuners in sy magsbasis in die suide te werf. Die opstand, wat Dinsdag in die noordelike dorpie Talas begin het, het gou na die hoofstad Bishkek versprei. 'n Sendeling wat in Jalalabad Bakiyev se tuisdorp woon, berig: 'Bakiyev is na berig word in Osh - die tweede stad van Kirgisië wat verder wes geleë is. Dit is nou nog rustig hier. Bishkek is 'n gemors. Daar is bedoel om 'n nuwe regering te wees gelei deur 'n vrou in die opposisieparty. Niks is amptelik onderteken nie so enigiets kan nog gebeur. Daar is verskillende verslae oor getalle dood, miskien 1-200 ongevalle met honderde meer beseerdes. Daar is geplunder in Bisjkek en selfs hier is winkels gesluit.'
Bid: vir die situasie in Kirgisië dat die probleme nie sal eskaleer nie en daar vrede sal wees. (Spr.12:20)