Die afgesette president van Kirgisië, Kurmanbek Bakiyev, het die land verlaat en na die naburige Kazakstan gevlieg. Sy vertrek kom in die nasleep van 'n opstand op 7 April wat talle mense doodgemaak het en hom gedwing het om uit die Kirgisiese hoofstad Bishkek te vlug. Hy het probeer om steun te werf in sy tuisstreek, Jalalabad, in die suide van die land. Kyrgyzstan se tussentydse regering het gesê mnr. Bakiyev het 'n bedankingsbrief onderteken. Die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE) het gesê dat mnr. Bakiyev se vertrek met die VSA, Rusland en die EU ooreengekom is. Die Russiese Interfax-nuusagentskap het gesê mnr. Bakiyev kan na Turkye of Letland vlieg. Geweervuur is vroeër gehoor toe mnr Bakiyev in die suidelike stad Osh gepraat het; 'n opposisie-saamtrek was naby aan die gang. Mnr. Bakiyev is vinnig in sy motor gebondel en teruggery na Jalalabad waar gesien is hoe 'n vliegtuig van die nabygeleë lughawe opstyg. (Sien ook Gebedswaarskuwing 1510)
Bid: vir die mense van Kirgistan dat daar nou vrede sal wees wat sal lei tot regverdige en stabiele regering. (Job.22:21)
Meer: http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/asia-pacific/8623021.stm