Koeweit was deel van die 'Arabiese Lente' van 2011. Duisende betogers het die strate ingevaar en geëis dat die Eerste Minister bedank. Anders as betogings in Egipte en Tunisië, het hierdie onrus stadig bedaar met die grootste deel van die regering steeds ongeskonde. Om die Evangelie te deel word nie toegelaat nie, maar uitgewekene Christene gaan voort om met diskresie te getuig. Dit het gelei tot 'n groeiende ondergrondse Kerk. Ons kan God loof vir uitgewekenes, Christelike satelliettelevisie en internetbedieninge wat die Goeie Nuus suksesvol verkondig in 'n Moslem-nasie wat hierdie aktiwiteit verbied. Daar is potensiaal vir 'n groot oes van siele in Koeweit. Ons word gevra om te bid dat Christene beskerm word terwyl hulle vriende, families en bure van Jesus Christus vertel.
Bid: dat die Here deure vir Christene onbevrees sal oopmaak om die Evangelie te deel. (Ro.10:14; Ef.6:19)