15 Augustus is Korea se Bevrydingsdag wanneer bevryding in 1945 van Japannese koloniale oorheersing gevier word. Dit is spoedig tragies gevolg deur die verdeling van die Skiereiland deur die westerse moondhede. In 1989 het die WKK ingestem dat WCC-lidkerke regoor die wêreld gevra sal word om op 'n Sondag naby 15 Augustus te bid vir die Vrede en Hereniging van Korea. Daarom het Christene van die NCCK en die KCF, (Koreaanse Christelike Federasie van Noord-Korea), elke jaar sedertdien 'n gemeenskaplike gebed voorberei vir gebruik op een van die Sondae rondom die 15de. Koreaanse Christene is elke jaar dankbaar vir die gebedsondersteuning en solidariteit van Christelike vennote regoor die wêreld. Hulle wil hierdie jaar weer hierdie gesamentlike gebed vir vrede en hereniging in die Koreaanse skiereiland deel. Jy kan die gebed lees en bid deur op die meer skakel te klik.
Bid: dat ons nie meer met konfrontasie en konflik tussen Noord- en Suid-Korea leef nie. Laat hulle hul nasionale gemeenskap met liefde herstel. (Ps.120:5-7)