Kasakstan: Bied om greep op godsdiensvryheid te verstewig

Die regering van Kasakstan hernu sy pogings om godsdiensvryheid in die land te beperk onder voorgestelde veranderings aan wetgewing wat sal vereis dat alle godsdiensgroepe by die staat moet herregistreer. President Nursultan Nazarbaev het aan die Parlement gesê dat wysigings aan die godsdienswet aangeneem sal word in die huidige sitting, wat in Junie 2012 eindig. Die besonderhede is nog nie bekend gemaak nie, maar die hoof van die nuwe staatsagentskap vir godsdienstige sake, Kairat Lama Sharif, het gesê dat die wet van alle tans geregistreerde godsdiensorganisasies sal vereis om te herregistreer. Die regering het voorheen probeer om die godsdienswet in 2008 te wysig, wat die strengheid van strawwe vir ongeregistreerde godsdienstige aktiwiteite verhoog het. Maar die stap is die volgende jaar deur die Grondwetlike Raad geblokkeer. Amptenare het belowe dat hulle weer sal probeer, en daar word gevrees dat die nuwe wysigings in wese dieselfde sal wees.

Bid: dat hierdie nuwe stap deur die Kazakh regering weer gedwarsboom sal word. (Jes.8:10)

Meer: http://www.barnabasfund.org/Kazakh-government-bids-to-tighten-grip-on-religious-freedom.html