Japan: Bid saam met Japan

Verlede Sondag het Christene van binne en buite Japan Christene wêreldwyd gevra om 'saam met Japan' te bid en te vra of genade nog een keer oor geregtigheid kan seëvier en om die huidige situasie voor God te bring vanuit 'n plek van nasionale bekering en 'n kapitulasie van sy leiers voor die Koning van Konings. Volgens leiers in die samelewing, besigheid en politiek het die Kerk, soos dit is, byna geen stem of invloed in die Japannese samelewing nie. As voorbidders het ons egter groot voorregte en kan en moet ons bid vir bekering en vergifnis, en God vra om die dae van verdrukking te verkort (Mark 13:20) en in die bres te staan vir 'n nasie wat God na homself terugroep. Dit sou 'n historiese kans vir 'n nuwe begin wees, en kan die begin wees om die nasie van Japan te bevry om in die historiese rol te tree.

Bid: vir 'n geestelike heropbou gebaseer op die fondamente van die Koninkryk van God.(Eks.34:17)

Meer : http://www.win1040.com/post.php?id=1182