Vroeër vanjaar het pastoor Jonathan Wilson na 'n ramp in Tokio 'uitwaartse' sendings aangemoedig om Japannese vir Christus te bereik. Christenleiers noem Japan ''n harde grond om die Evangelie te plant.' Ons kan bid dat Japan goeie grond sal word wat die Goeie Nuus van Jesus Christus gretig sal ontvang (Mat.13:23). Die Japannese sien steeds die Christendom as 'n Westerse godsdiens. Ons kan bid dat die Kerk in Japan meer Japannese kultuur en gesange by sy eredienste sal voeg (Ps.117:1-2). Hierdie week het Japan se eerste minister 'n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om te help om die voortdurende krisis by sy beskadigde Fukushima-kernkragsentrale reg te stel. Ons kan bid vir die Christen Gelowiges wat meer as twee jaar na die aardbewing, tsoenami en kernongeluk steeds besig is met noodlenigingspogings en bediening. (1 Kor.15:58) Die volgende skakel sal jou lei na sommige van die vele Kerke wat in Japan se harde geestelike grond bedien: - http://across.co.nz/churches.Japan.html en http://win1040. com/page.php?id=558 sal ingeligte voorbidding aanhelp.
Bid: dat God sy salwing vir evangelisasie sal uitstort op Christene wat in Japan werk. Bid ook vir agentskappe om God se strategieë te ken oor hoe om die nasie te bereik. (Spr.24:3-4)
Meer: h ttp://www.telegraph.co.uk/news/worldnews/asia/japan/10359894/Japan-asks-international-community-to-helpsolve-Fukushima-crisis.html