Christelike hulpwerkers verskaf mediese bystand aan duisende mense wat op die vlug slaan van onrus in die Ivoorkus. Die land is deur maande se onrus getref omdat die sittende president Laurent Gbagbo weier om die mag aan sy mededinger Alassane Ouattara, die internasionaal erkende wenner van verlede November se presidensiële verkiesing, oor te gee. Die onstabiliteit het die afgelope paar weke tot gewelddadige konflik verander namate mededingende magte in die Ivoorkus se kommersiële hoofstad Abidjan bots. Die geweld het 'n uittog van meer as 70 000 mense veroorsaak, van wie ongeveer die helfte die grens na Liberië oorgesteek het. Die meeste van die vlugtelinge in Liberië is in die grensdorpie Butuo gekonsentreer, waar Finn Church Aid, lid van die ACT-alliansie, sedert Desember medisyne en ander mediese voorrade aan die klinieke verskaf.
Bid: dat die hulpverleners in die Ivoorkus alles sal ontvang wat nodig is om in die behoeftes van die vlugtelinge te voorsien. (Ps.132:15)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/church.aiding.refugees.as.insecurity.worsens.in.ivory.coast/27620.htm