Na aanleiding van Prayer-Alert se verslag verlede week getiteld, 'Moslemleiers bespreek Jerusalem.' Israeliese premier Benjamin Netanyahu het Europese kritiek oor die bou van nuwe wooneenhede in 'n Joodse woonbuurt van Jerusalem afgewys en daarop aangedring dat die Heilige Stad aan die Jode behoort. Verlede week het Israel se ministerie van binnelandse sake die bou van 800 nuwe woonstelle in die suidelike Jerusalem-woonbuurt Gilo goedgekeur. Gilo is die tuiste van tienduisende Israeliese Jode en nuwe konstruksie daar is geensins buitengewoon nie. Brittanje, Frankryk en die Europese Unie het egter dadelik hul misnoeë met Joodse soewereiniteit oor die hele Jerusalem uitgespreek en die nuwe woonstelle 'n 'hindernis vir vrede' genoem. Netanyahu het gesê die wêreld kan dit noem wat hy wil, maar sy regering sal nie 'enige beperkings op konstruksie in Jerusalem oplê nie'. Die Israeliese leier het bygevoeg dat Jerusalem 'ons hoofstad' is en dat die Joodse nasie 'n verbintenis met Jerusalem het wat net so 'ou en kragtig' is as die verbindings wat Europeërs met hul onderskeie hoofstede het.
Bid: gedurig vir die vrede van Jerusalem (Ps.122:6-7)
Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=10673