Drie mortiergranate wat vanuit Sirië afgevuur is, het Israel Donderdag getref. Een dop het op 'n noordelike Israeliese gemeenskap beland, die ander twee het in oop gebiede ontplof, in wat blykbaar foutiewe teiken was. Dit is die derde ongewone voorval waarby Sirië betrokke is in minder as 'n week. Sien: Saterdag het drie Siriese tenks die gedemilitariseerde grens in die Golanhoogte oorgesteek. Die gedemilitariseerde sone in die Golanhoogte word deur VN-vredesmagte gepatrolleer om 'n wapenstilstand tussen die bure te handhaaf. Israeliese media het gesê die tenks was betrokke by die gevegte met rebelle. Israeliese VN-ambassadeur Ron Prosor het gesê: 'Die internasionale gemeenskap en die Veiligheidsraad moet hierdie kommerwekkende ontwikkeling sonder versuim aanspreek om verdere gevaarlike eskalasie te voorkom.'
Bid: vir die veiligheid en stabiliteit van die streek. (Ps.9:3-5)