Laat Vrydag is vuurpyle vanaf Gasa afgevuur op 'n suidelike Israeliese boerderystreek wat tussen twee woonhuise geland het. Die vuurpylaanval het gekom nadat ''n Islamitiese Jihad-terroris' vroeër daardie nag deur die vuur van die Israelse weermag in die noordelike Gasa-strook gewond is. Verlede week is minstens agt vuurpyle vanaf Gasa afgevuur, wat in oop velde in die noordelike Negev-streek ontplof het. In Thailand is twee Iraniërs aangekla oor 'n bomkomplot teen Israeliese diplomate. Teheran word daarvan beskuldig dat hy 'n terreurveldtog teen Israel begin het en spanning tussen die aartsvyande het skerp toegeneem ná drie bomvoorvalle in wêreldhoofstede in minder as 24 uur. Maandag het bomwerpers Israeliese ambassadepersoneel in Indië en Georgië geteiken. In Bangkok is twee Iraniërs aangehou oor drie ontploffings wat die Thaise hoofstad Dinsdag getref het. Bangkok-amptenare kan nog nie sê dis terreuraktiwiteit nie, maar dit is soortgelyk aan die sluipmoordpoging teen Indië se diplomaat. Daar word geglo dat 'n Iranse sluipmoordspan Israeliese diplomate geteiken het.
Bid: Vir God se beskerming om die mense van Israel en Gasa te omhul, en vir die verydeling van alle gewelddadige planne. (Ps.5:11)
Meer: http://news.ninemsn.com.au/world/8419570/israel-blames-iran-for-bangkok-blast