Israel: Gebed vir Jerusalem se burgemeester om geleentheid by te woon

Miljoene Christene regoor die wêreld sal op Sondag 3 Oktober saamstaan om te bid tydens die Wêrelddag van Gebed vir die Vrede van Jerusalem. In Jerusalem sal die biddag gekenmerk word deur 'n spesiale regstreekse televisie-viering aan 192 nasies vanuit 'n posisie wat oor die Ou Stad uitkyk. Ds Dr. Robert Stearns van Eagles' Wings sal die Jerusalem-geleentheid lei en burgemeester Barkat sal groete uit Jerusalem bring aan die honderdduisende wêreldwye kykers wat by die uitsending aansluit. Sien Jerusalem is aan alle kante onder geweldige druk en die gebede van getroue mense sal 'n verskil maak, veral aangesien Christene en Jode uit die nasies, saam met Israeliese Christene en Arabiese Christene, saamstaan in Jerusalem.

Bid: vir baie om hiervan te hoor en saam met Arabiese en Israeliese Christene in gebed te staan vir die Vrede van Jerusalem. (Ps.122:6)

Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=8234