Die Libanese nasionale nuusagentskap het gesê die Israeliese vuurpyle het materiële skade aangerig toe hulle Dinsdag in die suidelike Libanese dorp Ayta Shaab ontplof het. Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. "Ons weet dat 'n vuurpyl uit die streek van Rmeish afgevuur is en ons stel ondersoek in," het 'n Libanese weermagwoordvoerder gesê. Die aanval het gevolg op die Israeliese weermag se berig dat minstens twee Libanese vuurpyle op Israeliese grond geland het. Generaal-majoor Alberto Cuevas, bevelvoerder van die Verenigde Nasies se vredesmag in Libanon, het gesê die aanval was duidelik daarop gemik om stabiliteit in die gebied te ondermyn. Israel en Libanon leef onder 'n ongemaklike VN-bemiddelde wapenstilstand ná die 2006-oorlog tussen die Israeliese weermag en die Iraanse-gesteunde Libanese Shia-militante groep Hezbollah.
Bid: dat die uitruil van vuur nie tot 'n wyer konflik sal lei nie. (Ps.147:14)