Print this page

Israel: Christenegpaar geteister

'n Joodse ultra-Ortodokse groep wat Messiaanse Jode vir mishandeling uitsonder, teister 'n egpaar wat volgens hulle minderjariges manipuleer om Christene te word. Die groep, Yad L'Achim, het pamflette rondom die huis van Serge en Naama Kogen, in 'n voorstedelike gemeenskap wes van Jerusalem, geplaas en 'n volbladadvertensie in 'n plaaslike koerant uitgehaal wat die egpaar se adres gegee het en aan inwoners gesê het hulle is deel van 'n sendinggroep wat die gemeenskap 'teiken'. Die Kogens is inheemse Israeli's en dus nie deel van enige sendinggroep nie. Sowat 20 van die groep se ondersteuners het buite die egpaar se huis betoog en hulle vir 90 minute oor megafone aan die kaak gestel. Die betogings het gekom nadat Yad L'Achim 'n hofsaak teen die Kogens en hul gemeenteleier verloor het wat hulle daarvan beskuldig het dat hulle minderjariges 'proseliteer'. Tydens die betoging het 'n ontstelde 16-jarige meisie, die beweerde teiken van die egpaar se 'sendeling'-pogings, gesê al Yad L'Achim se bewerings is vals.

Bid: dat die teistering van hierdie egpaar tot ’n einde sal kom en vir moed vir hul gemeente terwyl hulle hul geloof uitleef. (Ps.133:1)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/israel/article_114414.html