Print this page

Israel: Arabiere wat by Siriese rebelle aansluit, hou 'n bedreiging in

Shin Bet (Israel Security Agency) het onlangs die 19-jarige Nasser Masarwa, 'n Israeliese Arabier, gearresteer op die vermoede dat hy met rebelle in Sirië geveg het. Hulle glo hy het oorspronklik by globale jihadi-elemente in Sirië aangesluit om sy broer te probeer opspoor wat met die Siriese rebelle veg. Nasser het militêre opleiding met rebellemagte ondergaan, insluitend wapenopleiding en is die moontlikheid gebied om 'n selfmoordbomaanval teen die leër van die Assad-regime uit te voer. Nasser het gesê hy het dit geweier. Veiligheidsmagte het gesê: 'Arabiese Israeli's wat na Sirië reis is blootgestel aan radikale ideologie en kan uitgebuit word vir 'n terreuraanval in Israel weens hul kennis van teikens in die land.'- en bygevoeg dat dit 'n ernstige nasionale veiligheidskwessie verteenwoordig. Nasser is Woensdag aangekla van 'kontak met 'n buitelandse agent, onwettige militêre opleiding en reis na 'n vyandelike staat.'

Bid: vir die vrede van Jerusalem. (Ps.122:6)

Meer: http://www.jpost.com/Defense/Shin-Bet-arrests-Israeli-Arab-who-joined-Syrian-rebels-309319