Die VN sal op 20 September 2011 stem oor 'n resolusie om Palestina (die Wesoewer en die Gazastrook) staatskaping toe te staan. Soos die stemming nader kom, neem geweld teen Israel toe. Op 'n enkele dag in Augustus 2011 het terroriste gewapen met bomme en gewere busse, motors en weermagpatrollies aangeval en sewe doodgemaak. Terroriste het die naweek van 20 en 21 Augustus meer as 80 vuurpyle in Israel afgevuur. Hierdie aanvalle is aan die gang met dosyne missiele wat Israel elke dag tref. In reaksie hierop het Israel met lugaanvalle begin en teikens in die Gaza-strook gebombardeer. Op 20 September sal die VN se Algemene Vergadering stem oor die vraag of die Palestynse gebiede van die Wesoewer en die Gaza-strook lidlande moet word of nie. Selfs al is die stemming ten gunste van lidmaatskap vir die gebiede, kan dit steeds deur die VN se Veiligheidsraad geveto word.
Bid: dat Christene wêreldwyd sal verstaan dat die belangrikste besluit is dat almal in die land 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus moet aangaan. Bid dat die wil van die Koning van alle nasies geskied. (Je.10:7)