Sedert die onttrekking van troepe uit Irak het 'n reeks dodelike aanvalle die politieke stabiliteit van die nasie bedreig. Die regering se strategie is om vrede te maak met soveel opstandige groepe as moontlik - insluitend Asaib Ahl al-Haq, 'n Irannes-gesteunde burgermag. Die regering het Asaib Ahl al-Haq in sy politieke stelsel verwelkom en kenners sê dit kan 'die nasie se swaartepunt nader aan Iran kantel'. Asaib Ahl al-Haq het tydens die nege jaar lange oorlog in Irak opereer wat militêre konvooie en basisse gebombardeer het, dosyne Irakse amptenare vermoor het, en probeer om ontvoerings uit te voer selfs toe die laaste NAVO-magte die streek verlaat het. Baie glo dat die verwelkoming van Asaib Ahl al-Haq (wat 'n byna nie-bestaande rekord van vrede het) kan terugvuur en Teheran groter invloed kan gee. Bid asseblief dat die leemte van leierskap in Irak gevul sal word met mans en vroue wat met integriteit, in nederigheid en die vrees van die Here sal regeer.
Bid: dat Eerste Minister Nuri Kamal al-Maliki wysheid sal hê in al sy leierskapbesluite en dat Christene deur God gebruik sal word om die nasie te stabiliseer. (Spr.1:7&Jos.1:7)
Meer: http://win1040.com/blog/2012/01/09/iraq-welcomes-iranian-malitia/