Print this page

Irak: Vlaag bomaanvalle 'maak 84 dood'

’n Vlaag bomaanvalle regoor Irak, insluitend 10 plekke in Bagdad, het 83 mense dood en byna 300 gewond, sê die Irakse polisie. Baie van die dooies in die Irakse hoofstad was Shia-pelgrims wat vir 'n godsdienstige fees bymekaargekom het. In Hilla het twee motorbomme naby 'n restaurant ontplof en minstens 21 mense doodgemaak. Daar was die afgelope dae 'n vlaag aanvalle op die Shia-gemeenskap, aangesien dit die herdenking van die dood van Shia Imam Moussa al-Kadhim vier. Drie bomme het in Kirkuk ontplof, met een van hulle wat die hoofkwartier van die Koerdiese president Massoud Barzani geteiken het. Daar is ook berigte van bomme in Mosoel, Balad en Karbala. Geweld in Irak het afgeneem sedert die sektariese moorde van 'n paar jaar gelede, maar militante val steeds gereeld veiligheidsmagte en burgerlikes aan. Woensdag was een van die dodelikste dae van geweld sedert die buitelandse troepe verlede Desember uit Irak onttrek het.

Bid: dat die geweld regoor Irak sal ophou en dat Sunni, Shia en Koerdiese gemeenskappe vrede sal soek. (Gen.6:11-12)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-middle-east-18420488