Drie motorbomme het in 'n vinnige opeenvolging ontplof en minstens ses mense dood en 75 gewond in Irak se olieryke noordelike stad Kirkuk Woensdag. Ontploffings was gemik op die polisie en Koerdiese veiligheidsmagte in die jongste van 'n reeks aanvalle deur opstandelinge terwyl Amerikaanse troepe voorberei om teen die einde van hierdie jaar te onttrek. Die gebied is op hoë gereedheid. Kirkuk is 'n betwiste stad al het Irak se geweld sedert 2006-'07 afgeneem. Kirkuk sit op ryk oliereserwes en is een van die betwiste gebiede in die middel van spanning tussen die Koerdistan-streekregering en Irak se sentrale regering; bomaanvalle vind steeds daagliks deur Sunni-opstandelinge en Sjiïtiese burgermag plaas. Irak het 'n uittog van Christene beleef ná aanvalle. 'n Inwoner van Kirkuk het gesê: 'Hoe lank sal hierdie onstabiele situasie duur. Ons doen 'n beroep op die staat om streng veiligheidsmaatreëls te tref teen sulke voorvalle wat weer gebeur. Die slagoffers is arm mense.'
Bid: vir God se beskerming oor Sy mense, en vir wysheid en volharding vir die veiligheidsmagte wat die Amerikaanse troepe se onttrekking ondersteun. (Ps.9:16)
Meer: http://www.torontosun.com/news/world/2011/02/09/17206356.html