Print this page

Irak: Baie gedood in selfmoordbomaanval

'n Selfmoordbomaanvaller het 'n ambulans vol plofstof in 'n sekuriteitshoofkwartier in Sentraal-Irak gestamp en 13 mense doodgemaak. Firaz al-Dulaimi, 'n hospitaaldokter, het gesê 'n verdere 64 mense is gewond in die aanval, wat 'n kantoor van die Force Protection Service geteiken het, die agentskap wat verantwoordelik is vir die beveiliging van Irak se regeringsgeboue. Die aanval het Woensdag omstreeks 10:00 plaasgevind in die middel van 'n rustige etnies-gemengde stad noord van Bagdad genaamd Baquba, en het gekom 'n dag nadat 'n selfmoordbomaanvaller 50 mense by 'n polisiewerwingsentrum in die sentrale stad Tikrit doodgemaak het. Baquba is die hoofstad van die Diyala-provinsie, wat so onlangs as 2008 'n Al-Kaïda-vesting was. Terwyl geweld dramaties afgeneem het in beide Diyala en landwyd sedertdien, bly die provinsie een van Irak se minste veilige.

Bid: dat versoening in al die verskillende konflikareas bereik sal word; en dat God se volk gebruik word in die geestelike en fisiese heropbou van die land. (Jer.24:6)

Meer: