Irak: Regering probeer kerke beskerm

Betonmure tot 10 voet hoog word rondom kerke in Bagdad en Mosoel gebou om Kersfeeskerkgangers teen geweld te beskerm, berig 'n Katolieke Nuusagentskap. Die hindernisse is die Irakse regering se reaksie op berigte van verhoogde bedreigings vir kerke en ander Christelike gemeenskappe voor Kersfees. Normaalweg sou vieringe partytjies in kerksale en parke behels. Maar na versoeke van kerkleiers word aktiwiteite in beide Bagdad en Mosoel afgeskaal om die veiligheidsbedreiging te verminder. 'Die hartseer van die mense is oral. Onsekerheid is oral. Die vraag op almal se lippe is Wat is volgende?' Aartsbiskop Bashar Warda gesê.

Bid: dat Jesus Christus die Christene van Irak sal seën, beskerm en in staat stel om hierdie Kersfees met vreugde in Sy teenwoordigheid in te trek. (Jos.1:9)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue11667.html