Irak: Christene vlug ná 14 motorbomme

’n Reeks strategies geplaasde motorbomme het die lewens van 63 mense in Bagdad geëis, wat baie laat wonder het oor die veiligheid van die nasie. Met Amerikaanse troepe wat nou uit Irak is, vrees baie dat sektariese geweld in burgeroorlog kan uitbreek. Greg Mussleman met Voice of the Martyrs, Kanada het onlangs teruggekeer van Irak waar hy met Christene vergader het. "Hulle vrees was dat dit sou gebeur," deel hy. "Hulle het net gewag vir die Amerikaanse troepe om te vertrek." Alhoewel baie verslae aandui dat dinge beter is in Irak, verwag Mussleman nie dat dit die geval sal wees in Bagdad, Mosoel en Basra nie. Baie Christene het hierdie stede verlaat vir veiliger gebiede.

Bid: teen burgeroorlog in Irak en vir God se voorsiening en doeleindes vir Irak in hierdie tyd, bid vir gelowiges om God se beskerming te ken en mag Hy hulle moed gee. (Jes.31:1-3)

Meer: http://www.openheaven.com/forums/forum_posts.asp?TID=38592&PN=1&TPN=1