Irak: Christen vermoor in streek voorgestel as veilige hawe

Die moord op nog 'n Irakse Christen van Mosoel het vrese in dié stad laat hernu, waar die Christelike minderheid die fokus van 'n reeks geteikende moorde was. Louyaé Behnam is verlede week uit sy huis in Karkosh, 'n dorp in die Nineve-distrik, ontvoer. Ironies genoeg het sy gesin na Karkosh verhuis om die geweld in sy geboorteland Mosoel te ontsnap. Die Islamitiese groep wat hom ontvoer het, het losprys geëis. Sy familie het $15 000 betaal – net om sy dooie liggaam terug te kry. Hierdie jongste in 'n reeks moorddadige aanrandings is veral belangrik om twee redes. Eerstens, dit kom byna onmiddellik na die onttrekking van Amerikaanse gevegstroepe uit Irak, aangesien die land se inwoners bekommerd is oor hul vooruitsigte vir toekomstige veiligheid. Tweedens is die slagoffer uit die Nineve-vlakte-streek ontvoer, wat as 'n veilige toevlugsoord vir die land se Christelike minderheid voorgestel is.

Bid: vir die Christene in Irak dat hulle in hierdie tyd in die nasie se geskiedenis beskerm sal word. (Ps.3:8)

Meer: http://www.catholicculture.org/news/headlines/index.cfm?storyid=7380