Iran: Opperleier praat teen Huiskerkbeweging

Huiskerkleiers vrees 'n verhoogde vlaag van vervolging na 'n toespraak deur Iran se hoogste leier, Ayatollah Ali Khamenei, wat gewaarsku het teen die 'netwerk van huiskerke' wat 'Islamitiese geloof bedreig en jong Moslems mislei'. Sy opmerkings het gekom in die konteks van waarskuwing teen wat hy glo aanvalle teen die suiwer beginsels van Islamitiese geloof is, insluitend Hollywood-films en spotprente wat in stryd is met Islam. 'n Kerkleier van Iran het gesê: 'Ek dink dit is die eerste keer dat hy openlik teen die huiskerkbeweging agiteer en dit spesifiek genoem het. Toesprake soos hierdie het dikwels verreikende gevolge in die land. Nie dat die mense van Iran met geweld teen Christene reageer nie, maar agter die skerms sal die veiligheidsdienste en godsdienspolisie maatreëls tref. Dit is wat leiers van huiskerke op hierdie oomblik die meeste vrees.'

Bid: dat die toespraak meer Iraniërs na Christus sal lok noudat die Huiskerkbeweging amptelik erken word, en dat regeringsplanne teen Christene verydel sal word. (Spr.2:33)

Meer: http://www.mnnonline.org/article/14968