Print this page

Iran: Rapporteer impak van sanksies

Iran het die media gewaarsku teen die publikasie van verslae oor die impak van Westerse sanksies en dring daarop aan om saam te werk sodat 'die land nie seergemaak word nie,' het Mohammad Hosseini, die minister van kultuur en Islamitiese leiding, gesê. 'Ons land is nie in 'n posisie om die media toe te laat om enige nuus of ontleding te publiseer wat nie met die regime en nasionale belange versoenbaar is nie.' Die media word fyn dopgehou in Iran en owerhede waarsku gereeld teen die publikasie van 'negatiewe' inligting op ekonomiese en sosiale gebied. Intussen het Brittanje se Daily Telegraph berig: 'Iraniërs laat vaar tradisionele eetgewoontes en gee op hoender, rooivleis, vrugte en suiker, en word teen onrusbarende tempo uit die werk gegooi omdat fabrieke nie goedere en toerusting kan invoer nie en die land het 'n tekort aan medisyne . Sanksies het 'n humanitêre kwessie geword. Onderdaknavorsers het ontdek 10 basiese kosse het sedert Maart met 70% gestyg terwyl die gemiddelde gesin se kosmandjie met die helfte gekrimp het. Sien:

Bid: dat die sanksies die gewenste uitwerking op die regering sal hê en dat die mense van Iran 'n beter lewenskwaliteit fisies, emosioneel en geestelik mag ervaar. (Tit.3:1-2)

Meer: http://www.dailystar.com.lb/News/Middle-East/2012/Jul-11/180164-iran-warns-media-against-reporting-impact-of-sanctions.ashx#axzz20JGhQ1kh