Daar was verwikkelinge in pastoor Yousef Nadarkhani se situasie, wie se doodvonnis vir afvalligheid einde September in hofverhore bekragtig is. Eerstens is sy prokureur ingelig dat die saak na Iran se opperleier, Ayatollah Ali Khamenei, verwys word. Tweedens het 'n betroubare bron op Woensdag 11 Oktober berig dat die Hooggeregshof aangekondig het dat hy bereid sou wees om 'n verdere appèl te oorweeg. Dit is ongewone verwikkelinge in Iran se regstelsel, en sal waarskynlik die uitreiking van 'n skriftelike uitspraak na die mees onlangse verhoor verder vertraag.
Bid: vir 'n einde aan onsekerheid en dat Pastoor Yousef se doodsvonnis herroep en skuldigbevinding omgekeer word. (Mig.6:8)
Meer: http://www.kansascity.com/2011/10/10/3198918/religious-freedom-and-a-astor.html