Voice of the Martyrs (VOM) berig 'n Christen-pastoor in Iran staar 'n potensiële doodstraf in die gesig vir 'n 'gedagtemisdaad' President Mahmoud Ahmadinejad sê hulle het nie 'n 'gedagtemisdaad'-wet nie, maar dis waarvan pastoor Nadarkhani aangekla word.' VOM bevestig die pastoor se verhoor is binne die afgelope 60 dae afgehandel, maar die formele uitspraak is nie bekend gemaak nie en ook nie 'n vonnis opgelê nie. Nadarkhani is in 2009 gearresteer nadat hy gekla het oor die Islamitiese onderrig van sy Christenseuns in die skoolstelsel. Godsdiensonderrig is deel van die kurrikulum, maar die Christelike Nadarkhani-gesin wou hê hul seuns moes Christelike godsdiensonderrig ontvang in plaas van Islamities. Nadarkhani se vrou, Fatima, is etlike maande vroeër in hegtenis geneem en bly agter tralies. Hul arrestasies kan verbind word met 'n onderdrukking deur owerhede wat bekommerd is oor die verspreiding van Christenskap onder Moslems in die land.
Bid: dat God Iran se pogings om elke faset van die samelewing en godsdienstige uitdrukking te beheer, sal stuit en dat geregtigheid in die howe sal seëvier. (Eseg.34:16)